Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Oud-personeel en -leerders van Laerskool Oudtshoorn-Suid het die afgelope naweek na 28 jaar 'n reünie by die skool gehad.
Die skool is in 1913 gestig en was geleë waar Eljada Kaïros se senior kampus tans is.
Piet Cronjé, die laaste skoolhoof van die skool, en sy vrou Honoria, het die reünie-gangers oor die geskiedenis van die skool vertel.
Cronjé het vertel dat die skool geen skoollied, -wapen of sportfassiliteite gehad het nie.
Volgens hom het die skool gegroei en was ook die eerste skool wat 'n departementele Pre-primêre pos gehad het.
"Die klassie het bestaan uit 22 leerders wat uit alle dele van die dorp saamgestel is," het hy vertel.
Volgens hom is daar ook later 'n landsdiensklub begin en die skool het ook sy eie koor begin. Die skoolwapen is deur Louis Meyer, 'n kunstenaar van George, op 'n granietblad geskilder.
Cronjé het verder vertel dat die leerder getalle in 1989 begin daal het en die "rooi ligte begin flikker het".
"Die voedingsarea in die suidelike deel van die dorp het begin leegloop."
Oud-personeel en -leerders van Laerskool Oudtshoorn-Suid het die afgelope naweek na 28 jaar 'n reünie by die skool gehad.
Daar was ook volgens Cronjé te veel laerskole op die dorp en die gevolg was dat die skool in 1990 sy deure gesluit het.
Tydens die reünie het Cronjé 'n briefie in die posbos onder die gedenkbeeld ingegooi. Daar is ook 'n nuwe granietblad met die skoolwapen op, op die by die gedenkbeeld neergelê.
"Hierdie is 'n tradisie wat jare al deur leerders en opvoerders van die skool beoefen word. Aan die eenkant van die gedenkbeeld is 'n posbussie vir leerders en die aan die anderkant een vir opvoeders.
"Hier kan leerders en onderwysers hul drome en herinneringe van skool tot volwassenheid kom bêre om vir ewig gekoester te word."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'