OUDTSHOORN NUUS - Inwoners kan steeds vir die naweek se Cansa Relay for Life inskryf.
Dit vind vanaf 18:00 op Saterdag 9 Maart tot (06:00) Sondagoggend 10 Maart by die De Jager-sportgronde plaas. Die tema van vanjaar se Relay is 'Sonslim'.
Registrasie vind Saterdag vanaf 16:00 plaas. Kostes is R700 per span van 10 of R70 per persoon. Dagbesoekers betaal R40 en kan tot 22:00 op die terrein bly.
Vir meer inligting, skakel Regina Wicomb by 079 227 0601.
Spanregistrasie kan gedoen word deur Estelle Pekeur by 044 272 2724 of 062 899 7621.
*Die organiseerders is dringend op soek na 1,5 en 2 liter koeldrankbottels waarin kerse gesteek kan word. Bottels kan by Cansa se kantore op die hoek van Hoog- en St Saviourstraat afgegee word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'