OUDTSHOORN NUUS - Rehano Fortuin, 'n gr. 1-leerder van Lategansvlei Primêr, het die Oudtshoorn-biblioteek-dienste se jaarlikse lees-kompetisie op 28 November gewen.
Hierdie kompetisie is in samewerking met die onderwysde-partement se leeronder-steuning sub-komponent van kring ses en sewe aangebied. Die tema van die kompetisie was 'Bennie en Bettie Boekwurm'.
Altesaam 14 skole het vanjaar deelgeneem.
Volgens Johanna Ewerts, Rehano se onderwyseres, kon sy van die eerste dag af al waarneem dat Rehano 'n voorliefde vir lees het.
"Sy klasmaats is verskriklik trots op sy prestasie. Ek hoop van harte dat dit die res van die leerders sal aanspoor om ook meer te lees, want kennis bring insig."
"Rehano is sommer nog baie jonk en sy leesvaardighede kan net verder ontwikkel," het sy gesê.
Nog twee leerders van Ewerts, Daylyn Banton (gr. 2) en Joslin Japhta (gr. 3), het ook deelgeneem. Al drie leerders het 'n inkleurboek gewen, terwyl Reahano ook 'n woordeboek ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'