OUDTSHOORN NUUS - Raadslede van die plaaslike munisipaliteit het vanoggend 'n raadsvergadering in die raadsaal gehou.
Tydens die vergadering het lede van twee politieke partye (SARCO en ICOSA) beswaar aangeteken teen spelfoute en feitelike inligting wat volgens hulle nie korrek op die addendum aangedui is nie.
Gevan Juthe (SARCO) en Vlancio Donson (ICOSA) wou ook weet hoekom die addendum, wat n openbare dokument is, nie ten minste twee dae vooraf aan die raadslede oorhandig is nie sodat dit noukeurig deurgelees kan word, voordat dit amptelik deur die raad bespreek is nie. Hul argument in die raadsaal was dat indien hierdie prosedure gevolg is, dit sou voorkom het dat kosbare tyd van raadslede en belanghebbendes verkwis is.
Die vergadering het wel voortgaan en na sowat 'n uur verdaag.
Allan Paulse (munisipale bestuurder) en Julia le Roux (speaker), het tydens die vergadering aangedui dat ICOSA en SARCO se besware genotuleer is.
Dit sal volgens hulle na die betrokke departemente gestuur word, sodat die spelfoute en inligting wat op die addendum verskyn gekorrigeer kan word. Raadslede sal dan in kennis gestel word wanneer die volgende raadsvergadering sal plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'