OUDTSHOORN NUUS - 'n Raadsvergadering het vanoggend 10:00 begin.
Van die punte op die agenda is die pypaanleg vanaf Blossoms, die verskuiwing van die munisipale skut en watertariewe.
19 raadslede het opgedaag en maak dit dus 'n wettige vergadering.
Die raad het na 'n aanbieding geluister van konsulterende ingenieurs wat aanbeveel dat die munisipaliteit onmiddelik stappe in plek sit om die pyplyn vanaf Blossoms aan te lê.
Hulle aanbeveling is dat daar reeds volgende week begin word om toerusting vir die Blossoms boorgate te reël, finansies te bekom en 'n kontrakteur aan te stel.
Drie opsies vir die pyplyn is aan die raad voorgelê. Die koste beloop ongeveer R60 miljoen.
Daar word gewag op bevestiging van die nasionale en provinsiale regering vir befondsing sodra die dorp as rampgebied erken word.
Die raad gaan nou die inligting bestudeer en teen volgende Vrydag 'n finale besluit oor die beste opsie neem.
Volgens die huidige situasie het Oudtshoorn nog water tot 15 Desember as dit nie reen nie. Nuwe watertariewe vir die droogte gaan vandag bespreek word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'