Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Spesiale raadsvergadering wat vanoggend om 10:00 sou begin het, sou aanvanklik agter geslote deure gehou word.
Die hoofingang van die munisipale gebou was gesluit en verskeie raadslede het buite gewag totdat hulle deur 'n sy-ingang toegelaat is.
Die speaker, Julia le Roux het telefonies gesê die vergadering is nie oop vir die publiek nie.
Die media is intussen toegelaat om die vergadering by te woon.
Volgens 'n raadslid wat buite was, is daar twee items op die agenda. Een is die begroting en die ander een, wat in-komitee sou plaasvind, is oor die sogenaamde "groenpapier" wat volgens die raadslid die tweede deel van die Webber Wentzel-verslag bevat.
Daar word reeds wyd bespiegel dat 'n aantal DA-raadslede hulle by opposisie-partye skaar. Sou dit 'n realiteit wees, kan dit beteken dat die DA se beheer in Oudtshoorn in gedrang is.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'