OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen een van Oudtshoorn-munisipaliteit se nuwe raadslede, wat teregstaan op aanklagte van verkragting, aanranding met die opset om ernstig te beseer en twee aanklagte van gewone aanranding, is Vrydag in die Oudtshoorn-landdroshof vir verhoor na die streekhof oorgeplaas.
Die raadslid, wat nog nie gepleit het nie en sy naam nie gepubliseer mag word nie, word daarvan aangekla dat hy op 2 Oktober 2021 'n 39-jarige vrou in 'n huis in Dassieweg, Bridgton, verkrag het en haar op die grond neergegooi en op haar kop getrap het.
Hy word ook daarvan aan-gekla dat hy op 29 September 2021 'n 16-jarige meisie met 'n stukkie hout geslaan en 'n ander minderjarige met die plat hand geklap het.
Landdros Vaughn Shone het die verdagte se borgtog van R300, asook sy borgtog-voorwaardes tot 28 Januarie verleng wanneer hy in die streekhof moet verskyn. Van sy borgtogvoorwaardes is dat hy nie met die getuies kontak maak nie, nie by verdere misdaad betrokke mag raak nie en wegbly van die adres van die klaers.
Vorige Artikel: Raadslid aangekla van verkragting en aanrading
'Ons bring jou die nuuste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'