OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen een van Oudtshoorn-munisipaliteit se nuwe raadslede, wat teregstaan op aanklagte van verkragting, aanranding met die opset om ernstig te beseer en twee aanklagte van gewone aanranding, is Vrydag in die Oudtshoorn-landdroshof vir verhoor na die streekhof oorgeplaas.
Die raadslid het nog nie gepleit het nie en sy naam mag dus nie gepubliseer mag word nie.
Landdros Vaughn Shone het die verdagte se borgtog van R300, asook sy borgtogvoorwaardes tot 28 Januarie verleng wanneer hy in die streekhof moet verskyn.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuuste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'