OUDTSHOORN NUUS - Raadslede se 90-dae uitstaande skuld staan op R10 822,46.
Munisipale amptenare wat meer as 60 dae se uitstaande skuld het, se skuldlas beloop R270 118,76.
Munisipale bestuurder, Allen Paulse het beklemtoon dat geen raadslid langer as 90-dae agterstallig is nie en daarom is dit nie nodig om op te tree teen enige vanhulle nie.
Munisipale wetgewing bepaal dat geen raadslid of munisipale amptenaar langer as drie maande agterstallig mag wees nie.
Volgens Paulse het die departement finansies met die 2017-jaareindbonusse, geld verhaal van amptenare wat langer as drie maande agtersallig was.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'