Die tjek is oorhandig by die Vereniging se beplande nuwe perseel as deel van die vieringe vir die Internasionale Dag vir Gestremdes.
Esmé Bronkhorst, APD se Wes-Kaapse fondswerwer het haar dankbaarheid teenoor die raad uitgespreek en gesê dat die harde werk wat deur plaaslike APD-personeel verrig word, besig is om vrugte af te werp.
"Elke keer dat ek van die stad hierheen kom vind ek weer my hartklop. Dit is wonderlike werk wat hier op die platteland verrig word. En ek glo dat ons oor binnekort weer hier sal staan en dat die nuwe gebou voltooi sal wees."
Eshida May het `n oorsig van APD se werksaamhede gebied aan verteenwoordigers van verskeie staatsdepartemente en plaaslike sakelui. Kospakkies is ook uitgedeel aan hulpbehoewendes in die gemeenskap.
Van links is Koos Claassen (Voorsitter), Elmien Nel, Elmien Grobbelaar, Esmé Bronkhorst en burgemeester Gordon April. Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'