OUDTSHOORN NUUS - Die Groter Oudtshoorn munisipale raad het besluit om die bedrag van R34 miljoen beskikbaar te maak uit die munisipale kapitaalbegroting om dringende aandag aan die dorp se paaie te bewerkstellig.
Die aankondiging is reeds op Dinsdag, 24 Oktober deur die uitvoerende burgemeester Chris Macpherson gemaak en op Maandag, 30 Oktober voor die raad vir goedkeuring gelê.
Hierdie nuus is Dinsdag (31 Oktober) deur middel van 'n persverklaring bevestig.
In die verklaring wat deur munispale woordvoerder Aurelia Mle uitgereik is noem dit dat hierdie besluit die munisipaliteit se reaksie is op die dringende behoefte om die toestand van paaie in die dorp aan te spreek, en dat dit behels dat die hulp van vyf private kontrakteurs ingeroep sal word, wat in samewerking met munisipale spanne sal werk.
Lees die volledige berig in vandeesweek se uitgawe van Oudtshoorn Courant
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’