OUDTSHOORN | MOSSELBAAI NUUS - Drie persone is dood en drie persone, waaronder twee kinders, is beseer na 'n taxi vanoggend op die pad tussen Mosselbaai en Oudtshoorn (R328) beheer verloor het.
Volgens inligting, was daar 18 insittendes in die taxi.
Hulle was glo vanaf Kaapstad na Oudtshoorn onderweg vir 'n begrafnis.
Die beseerdes is na die Oudtshoorn-hospitaal geneem.
Gister het 1 persoon op dié pad gesterf in 'n ongeluk waarby drie voertuite betrokke was.
Die pad was vir 'n geruime tyd na die ongeluk gesluit.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Die ongelukstoneel vanoggend.
Lees 'n verwante artikel: 1 Sterf in ongeluk op R328
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'