Kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie se die polisie het omstreeks 16:00 die motor wat verdag voorgekom het, by die Diesel Depot net buite die dorp afgetrek. Die motor het in die rigting van Oudtshoorn vanaf George gery.
“Die polisie het die motor deursoek en pakkies toegedraai in foelie in die bagasieruim van die motor gevind. Die pakkies het Tik met ‘n straatwaarde van R3,2 miljoen bevat.”
Die verdagtes word by die Oudtshoorn-polisiestasie aangehou en verskyn vanoggend in die landdroshof.
Brigadier Levona Januari, stasiebevelvoerder van die Oudtshoorn-polisie het die polisielede aangeprys vir hul waaksaamheid en die arrestasies.
“Dit was hul Intuïsie en voorgevoel wat daartoe gelei het dat die bestuurder van die motor verdag optree en daarom het hulle aksie geneem.”
Visser sê voorlopige ondersoek dui daarop dat die mans onderweg Kaapstad toe was om die dwelms daar af te lewer.