KAROO NUUS - 'n Multi-dissiplinêre operasie wat deur die Valke se ondersoekspan teen ernstige georganiseerde misdaad uitgevoer is het gelei tot die arrestasie van 'n 59-jarige verdagte.
Die operasie is in samewerking met Beaufort-Wes se K9-eenheid uitgevoer.
Die verdagte, wat 'n silwer Toyota Grande gery het, se voertuig is vir 'n sekondêre inspeksie afgetrek.
Die K9-eenheid het 'n versteekte kompartement in die voertuig gevind en 50 pakkies versteekte Mandrax-tablette ter waarde van R2,5 miljoen en R11 500 in kontant gevind.
Die verdagte is in die oggendure van 19 Oktober vir die onwettige besit en handel in dwelms gearresteer.
Die verdagte het op Vrydag 21 Oktober in die Beaufort-Wes-landdroshof verskyn.
Verdere inligting sal verskaf word.
Die R11 500 kontant wat in die versteekte kompartement gevind is.
'Ons bring jou die nuuste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'