BEAUFORT-WES NUUS - 'n Onlangse kontrolepunt wat deur die Sentraal Karoo-polisie se K9-eenheid behartig is, het op 8 November omstreeks 07:00 'n passasiersbus afgetrek en die bus deursoek.
Die polisie het 'n reissak met 12 pakkies dagga, met ’n geskatte straatwaarde van R93 000 daarin gevind. 'n Kongolese burger (35) is positief met die dagga verbind en gearresteer.
Die verdagte bly in aanhouding en was geskeduleer om op 9 November in die Beaufort-Wes-landdroshof te verskyn.
Uniondale
Daar Uniondale-polisie het weer op 8 November omstreeks 13:00 'n patrollie op die N9 pad gehou. 'n Man wat by 'n duimry-punt gestaan het, het verdag opgetree en lede van die polisie het hom genader.
Die man is deursoek en 'n klein hoeveelheid Mandrax en tik is in sy besit gevind. Hy is op die toneel gearresteer en vir die besit van dwelms aangekla.
Hy het ook op 9 November in die Uniondale-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Beaufort-Wes, Klein Karoo nuus'