Bespreek nou jou kaartjies en geniet wat die plaaslike organiseerders spesiaal vir Oudtshoorniete op die menu plaas.
Jy mag dit nie misloop nie!
.jpg)
Die befaamde Capella Concertante van Oostenryk tree op 17 Februarie om 19:00 in die Katolieke Kerk in Hoogstraat op. Die vertoning sluit in werke van Mozart, Strauss, Rossini en Lehar. Kaartjies is R80 en beskikbaar by die Oudtshoorn Courant in die Seppie Greeff- gebou.
.jpg)
Olie jou fietsketting en pomp jou tekkies vir Laerskool Wesbank se jaarlikse prettrap en -stap wat môre plaasvind. As jy nog nie ingeskryf het nie is daar nog kans. Skakel Louis Lategan by 083 337 3811 of 044 279 1731 en geniet die dag.
.jpg)
Groot opgewondenheid heers oor die Brian Boswell-sirkus se vertoning op Oudtshoorn se skougronde op 13 en 14 Februarie. Maandag is daar een vertoning om 19:30 en Dinsdag kan mense die sirkus om 15:30 en 19:30 geniet! Bespreekte kaartjies is R90 en R120 en onbespreekte kaartjies is R70. Kaartjies is elke dag vanaf 10:00 by die skougronde beskikbaar.