Update
GEORGE NUUS - George-burgemeester, Melvin Naik, is vanmiddag in Uniondale waar hy gemeenskapsleiers ontmoet het.
Dit volg na protesaksie in die dorp oor die afgelope 2 dae.
'n Memorandum is vanmiddag aan Naik oorhandig waarin sekere eise gestel word, onder meer dat die brandweerdiens op die dorp uitgebrei moet word.
Die George-munisipaliteit word 48 uur tyd gegee om te reageer.
Die dorp se strate is tans verlate en winkels is gesluit. Daar is 'n sterk polisie teenwoordigheid.
Die N9 is gister oopgestel vir verkeer. Die toegangsroete na die dorp van George se kant is steeds gesluit. Die pad aan Willowmore se kant is oop.
Lees 'n vorige artikel: Vergadering op Uniondale om situasie op te los
Melvin Naik wag om die skare by VGK Uniondale toe te spreek.
Vergadering by die VGK Uniondale tussen verteenwoordigers van die munisipaliteit, die polisie en die gemeenskap. Die George Herald is genooi om dit by te wòon, maar een van die leiers het beswaar gemaak.
Polisie hou 'n wakende òog langs die N9.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'