Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Inwoners van Oudtshoorn se munisipale wyk 8 is tans besig om strate binne die woonbuurt af te sper.
Hulle eis tydelike werk van die munisipaliteit.
Klippe is as versperrings in Zanoxolo Laan en 8ste Laan, Bongolethu, gepak.
Volgens ‘n woordvoerder van die wyk 8 inwoners, Kate Bruintjies, het die munisipaliteit hulle werk belowe, “maar van die beloftes het niks gekom nie”.
Hulle eis nou werk vir tussen 20 en 25 mense vir ten minste drie maande.
“Ons het nie geld nie en ons kinders moet gaan inbreek om kos op die tafel te kry.”
Bruintjies sê hulle is bereid om te werk en wil nie geweldadig raak nie, “maar as die munisipaliteit nie na ons luister nie, gaan ons bande aan die brand steek en opruk na die munisipaliteit toe.”
Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder, het vanoggend gesê die munisipaliteit sal vandag kommentaar lewer oor die situasie.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Kyk 'n video hieronder.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'