PRINS ALBERT NUUS - Prins Albert, wat die ergste droogte in die laaste eeu beleef, is nie meer in ‘n krisis situasie nie, maar verantwoordelike waterverbruik-maatreëls is steeds in plek.
Anneleen Vorster, bestuurder korporatiewe- en gemeenskapsdienste by die Prins Albert-munisipaliteit, het gesê: “Die owerheid het met uitstekende bestuur en die samewerking van die gemeenskap, om hul waterverbuik te beperk, verseker dat die dorp nie meer in 'n krisis situasie is nie, maar steeds verantwoordelike verbruik moet bly toepas.
"Die watersituasie elders in die owerheid se regsgebied, insluitende Leeu Gamka, Prince Albert Weg en Klaarstroom is binne beheer met geen onvoorsienbare probleme nie.”
Vorster verduidelik dat die munisipaliteit se tendertoekenning vir die vergroting van Prins Albert-stoorkapasiteit reeds gedoen is.
“Die suksesvolle kontrakteur het Donderdag 1 Februarie ontvangs van die terrein geneem.
"Die vergroting van die owerheid se stoorkapasiteit sal die owerheid se reserwe kapasiteit vermeerder, maar dit is steeds enkele dae en nie eers 'n week nie.
"Die besparing van water sal vir die afsienbare toekoms 'n prioriteit bly vir die munisipaliteite en gemeenskappe in die Wes-Kaap.”
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'