PRINS ALBERT NUUS - Volgens Byron la Hoe, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, is Junior verkeersopleidingsentrums landwye 'n inisiatief van die Direktoraat Padveiligheidsbestuur, die agentskap wat landwyd vir padveiligheid verantwoordelik is.
Die sentrum bied aan skoolleerders en inwoners van Prins Albert die geleentheid om meer oor padveiligheid te leer.
Kenny Africa, die provinsiale verkeershoof het die sentrum amptelik geopen.
Hy het gesê dit is tyd dat daar strenger teen oortreders van padreëls opgetree moet word. Volgens hom sal die opleidingsentrum 'n belangrike rol speel om kinders bewus te maak van padveiligheid aangesien hulle konsentrasie kort is hulle aandag gou afgelei word as hul byvoorbeeld van die skool af huis toe stap.
Hy sê ook jong kinders kan nie spoed skat nie en dat hulle dikwels oor die straat hardloop, onbewus van hoe vinnig 'n voertuig ry.
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'