OUDTSHOORN NUUS - Gedurende die tweede wêreldoorlog is 500 Poolse kinders per boot van Persië na Suid-Afrika gebring.
Die kinders was vlugtelinge wat hul ouers tydens hul ballingskap in die Sowjetunie verloor het.
Oudtshoorn het op 10 April 1943 'n paar van die kinders en hul versorgers verwelkom.
Die kinders het vir vier jaar in 'n afgebakende gedeelte van die Oudtshoorn-weermagkamp gewoon waar hulle versorging, onderrig en 'n heenkome gevind het.
Die kamp was in twee seksies opgedeel, een vir seuns en een vir dogters.
Daar was ook klaskamers in die kamp vir die kinders opgerig.
Die Poolse-kinderhuis is in 1947 gesluit en die kinders is regoor Suid-Afrika na skole verplaas om hulle skoolloopbaan te voltooi.
Daar word vertel dat die helfte van die kinders in Suid-Afrika aangebly het om hier vir hulself 'n nuwe lewe te skep en sommige het na tuisland teruggekeer.
Die toe Oudtshoorn-weermagkamp waar die kinders gehuisves was.
Die dogters het aan 'n sang en dans opvoering in 1944 deelgeneem en saam met C.P. Nel, stigter van die C.P. Nel-museum op die foto verskyn. Foto's C.P. Nel-museum
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'