OUDTSHOORN NUUS - 'n Man is vanoggend met kopbeserings deur ambulansdienste na die Mediclinic Klein Karoo in Oudtshoorn geneem nadat sy Big Boy-motorfiets met 'n swart VW Polo in 5de Laan, Colridge View, gebots het.
Volgens inligting wat Oudtshoorn Courant op die toneel bekom het, was die bestuurders in teenoorgestelde rigtings in 5de Laan op pad.
Die motorfietsbestuurder was onderweg na die AGS-kerk se rigting, terwyl die Polo se bestuurder by die hoofpad (begraafplaas se kant) wou indraai.
Die bestuurder van die Polo blyk ongedeerd te wees.
Die bestuurder van die Polo blyk ongedeerd te wees. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'