BEAUFORT-WES NUUS - Die polisievrou wat aan bedrog skuldig bevind is, het verlede week weer nie hofverrigtinge bygewoon nie, omdat sy glo te siek was.
Bernadette Arries (33), 'n lid van die veediefstaleenheid in Beaufort-Wes, het Desember verlede jaar ook hofverrigtinge gemis omdat sy te siek was. Sy is op vier aanklagte van bedrog skuldig bevind.
Arries het in Januarie 2017 inskrywings van ondersoeke in haar polisiedagboek aangeteken terwyl sy eintlik by die huis was.
Sy het aangevoer dat sy die inskrywings vir ondersoeke in Leeu Gamka en Prins Albert voor die tyd gedoen het, omdat sy glo aan depressie ly en baie vergeetagtig is.
Sy het daarna vergeet om die inskrywings te kanselleer.
Die saak is tot 28 Februarie uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Beaufort-Wes, Klein Karoo nuus'