Warning: Graphic content
DE RUST NUUS - Inwoners van De Rust was briesend na 'n polisievoertuig na bewering 'n man raakgery het en toe weggery het.
'n Inwoner van De Rust, het Oudtshoorn Courant vertel dat die polisiebeampte nie uitgeklim het om vas te stel of die persoon beseer is nie.
Ao. AP Burger, waarnemende stasiebevelvoerder, het in 'n verklaring aan Oudtshoorn Courant genoem dat De Rust-polisie die klagte bygewoon het nadat 'n oproep ontvang is dat twee broers besig was om te baklei.
"Toe die polisie op die toneel kom, het een van die broers weggehardloop waarna die polisie hom met die voertuig gevolg het. Hy het voor die voertuig beland en is deur die polisievoertuig gestamp. Die polisiebeampte het die voertuig tot stilstand gebring en uitgeklim om vas te stel of die persoon beseer is.
Die polisiebeampte het teruggeklim in die voertuig toe die skare oproerig begin raak en het die toneel verlaat aangesien hy vir sy lewe gevrees het."
Volgens Burger is misdaadvoorkoming en Oudtshoorn se honde-eenheid gekontak om die beamptes by te staan.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'