CALITZDORP NUUS - ‘n Troosdiens word Woensdagaand (2 September) vir Montaque Ricardo Gordon (44), 'n adjudant-offisier verbonde aan die Calitzdorp-polisiestasie gehou na hy verlede Vrydag aan Covid-19 oorlede is.
Die troosdiens is 18:00 by sy huis in Proteastraat 29.
Volgens sy oudste broer, kaptein Geoffrey Gordon, het Montaque ongeveer twee weke gelede by die huis gebly omdat hy verkoue gehad het. Toe dit nie beter word nie het hy dokter toe gegaan het en is hy met Covid-19 gediagnoseer is.
Geoffrey is ‘n beamte by die gesinsgeweld-eenheid in Mosselbaai.
"Hy was baie siek. Vir ons as familie is sy dood regtig moeilik. Mense vat nie die pandemie ernstig op nie. Hulle kuier en loop sonder maskers rond en hulle besef nie hoe gevaarlik die siekte is nie. Mense gee nie om hoe dit hulle gaan affekteer nie, maar hulle moet begin dink hoe dit mense rondom hulle affekteer."
Geoffrey vertel dat Montaque in die Klein-Karoo MediClinic opgeneem is en hy dadelik op 'n drip en suurstof gesit is.
"Hy het toe ook uitgevind dat hy 'n diabeet is, hy het dit nooit geweet nie. Hy is verlede Dinsdag oorgeplaas MediClinic George toe. Hy is Woensdagoggend aan 'n ventelator gekoppel en Vrydag is hy oorlede."
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'