OUDTSHOORN NUUS - Die Eden-polisiekluster het op 27 September hul toekenningsgeleentheid in George gehad.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, bestaan die Eden-kluster uit 13 polisiestasies in die streek.
Cederas sê hy is trots om te sê dat Oudtshoorn en Ladismith se polisiebeamptes van die grootste toekennings ontvang het.
Toekennings:
- Oudtshoorn-polisiestasie se stasiebevel-voerder, brigadier Levona Januari, is aangewys as die stasiebevelvoerder van die jaar.
- Adjudant-offisier S Swanepoel (Oudtshoorn) is aangewys as sportman van die jaar.
- Reservis-konstabel MC Maasdorp (Oudtshoorn) is aangewys as reservis van die jaar.
- Adjudant-offisier J Jacobs (Oudtshoorn) is aangewys as die persoon met gestremdheid van die jaar.
- Bridgton se gemeenskapspolisiëringsforum is aangewys as die GPF van die jaar.
- Ladismith se misdaadvoorkomingseenheid, onder leiding van kapt. HJ Edwardes het die toekenning vir vangs van die jaar ontvang. Hulle ontvang ook die sigbare polisiëringseenheid van die jaar-toekenning.
- Kaptein E Nel (Oudtshoorn) ontvang die toekenning vir administratiewe beampte van die jaar vir posvlak 8-12.
- Sersant GJ Wolmarans (Oudtshoorn) ontvang die toekenning vir sigbare polisiëring van die jaar vir posvlak 3-7.
- Kaptein WL du Plessis (Oudtshoorn) ontvang die toekenning vir sigbare polisiëring van die jaar vir posvlak 8-12.
Ladismith se misdaadsvoorkomingseenheid, onder leiding van kapt. HJ Edwardes.
R.konst. MC Maasdorp saam met genl.maj. Oswald Reddy.
Kapt. Wynand du Plessis saam met genl.maj. Oswald Reddy.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'