OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie vra die hulp van die gemeenskap na 'n vrou Maandagaand in Dassieweg verkrag is.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval ongeveer 03:00 plaasgevind.
"'n Wit voertuig, vermoedelik 'n Volkswagen Polo het by die 22-jarige slagoffer gestop waarna sy in die voertuig gedwing en verkrag is. Daar was drie mans in die motor en sy is twee keer deur elk van die mans verkrag," het Visser gesê.
Volgens hom kon die vrou slegs twee van die drie mans beskryf en het die polisie gesigsamestellings van die twee mans gedoen. Volgens haar beskrywing is beide mans swart en tussen die ouderdomme van 35 en 40 jaar oud.
Enigiemand met inligting kan ao. Anton Kock, die ondersoekbeampte, by 083 308 1203 skakel. Alle inligting word vertroulik hanteer.
Dié man is tussen 35 en 40 jaar oud, maer en ongeveer 1,5 m lank.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'