OUDTSHOORN NUUS - Die Oudsthoorn-polisie is opsoek na enige persoon wat inligting het rondom ‘n inbraak en diefstal voorval.
Volgens sersant Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is daar tussen 6 en 9 November by ‘n huis in Williamstraat, Bridgton ingebreek.
Daar is ‘n paar swart Vans-tekkies (nommer 4) en ‘n paar swart en grys Bloke-tekkies (ook nommer 4), sowel as ‘n Bridgton-skoolbaadjie (small) gesteel.
Enige persoon met inligting kan vir sers. Carmen Marnewick by 082 469 8224 skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'