OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie vra inwoners om hulle te laat weet indien ‘n wit VW Golf met registrasienommer, CEY 49632 in die dorp opgemerk word. Op die voertuig staan Pronto Car Rentals.
Die voertuig is vroeër vandag in Kerkstraat opgemerk.
Die bestuurder is Anton Rudman wat gesoek word in verband met klagtes van bedrog, diefstal en die gebruik van ’n voertuig sonder die eienaar se toestemming.
Die saak is in die Strand aangemeld met verwysingnommer: Strand Mas 542/10/2019.
Die foto is saam met die versoek deur die polisie aan die media gestuur.
Skakel asseblief 044 203 9000 / 9022 / 9089 as jy die motor gewaar.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'