OUDTSHOORN NUUS - In ‘n poging om verdagtes in ou onafgehandelde sake op te spoor, gaan die SAPD op Oudtshoorn op gereelde basis die besonderhede van persone vir wie lasbriewe vir arrestasie uitgereik is, vrystel.
Die volgende drie persone word gesoek:
• Piet Derek van Rooyen (60) in verband met saak van handeldryf in dwelms in 1991.
• Joseph Nqakuza (67) in verband met ‘n saak van winkeldiefstal in 1993.
• Alfred Ndim Mdayi (42) in verband met ‘n saak van winkeldiefstal in 1994.
Enigiemand wat inligting het oor waar hierdie persone hulle bevind word gevra om adjudant offisier Blackie Swartz van die Oudtshoor speurdiens by 044 274 4408 te kontak.
Alle bronne en inligting sal vrtroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'