OUDTSHOORN NUUS - Twee Oudtshoorniete is steeds vermis.
Die Oudtshoorn Courant het verlede week berig dat Johnathan Thys (43) en Lenie Arries (69) deur hul families as vermis aangemeld is.
Thys is reeds vir bykans 'n maand vermis en Arries vir drie weke.
Sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het gesê Thys het met sy verdwyning 'n wit gholfhemp, blou Adidas-tekkies, grys broek en 'n blou pet aangehad.
Enigiemand met inligting kan sers. Pinkie Ntongana by 044 274 4400 of 083 533 4928 skakel.
Arries het 'n khaki-broek, khaki-langmouhemp en swart tekkies aangehad.
Enigiemand wat inligting het oor Arries se verdwyning kan ao. Karin Meyer by 044 274 4400 of 082 587 9359 skakel.
Johnathan Thys
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'