LADISMITH NUUS - Die gemeenskap van Ladismith en Zoar het die polisie geloof vir hulle daadwerklike optrede teen mense wat in drank en dwelms handeldryf.
Lede van die polisie in Ladismith het sedert 29 September tydens optredes toegeslaan op drank en dwelmsmouse.
'n Vrou van 59 is op 29 September in Zoar in hegtenis geneem vir die onwettige handel in drank.
Daar is op 187 liter drank beslag gelê. Sy is vrygelaat met 'n waarskuwing om op 3 November in die hof te verskyn of 'n boete van R2 500 te betaal.
Die Ladismith-polisie het ook die afgelope naweek 12 mense in hegtenis geneem op klagtes wat met dwelms verband hou.
Daar is tydens die optrede op 3,5 kg dagga, 26 tikstrooitjies, 111 Mandrax-tablette en R2 910 kontant beslag gelê.
Lede van die Ladismith-polisie wat by optredes betrokke was is agter, van links: Lt. kol. Jakobus Marthinus, sers. Gelnville Barry, sers. Marelize Erasmus, konst. Marco Fortuin, konst. Madery Arends en me. Glinis Isaacs. Voor: mnr.Wilhelm Braaff en kons.Patrick Roodman. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'