CALITZDORP NUUSFLITS - AnnMaree Barry, 'n sersant verbonde aan die Calitzdorp-polisiestasie, het onlangs haar eerste boek, 'Niemand', tydens 'n spoggeleentheidby De Krans bekend gestel.
Volgens Barry, is skryf 'n passie waaraan sy al van kindsbeen af werk.
'Niemand' is nie 'n boek wat oor geweldsmisdade en die oplos van sake gaan soos daar verwag sal word van 'n polisiebeampte nie. Dit is 'n hygroman waarin sy kwessies soos gesinsgeweld, waarmee sy gereeld in haar beroep gekonfronteer word, aanraak.
"Ek geniet dit geweldig baie om te skryf. Ek weet mense verwag nie sommer 'n hygroman uit die pen van 'n polisiebeampte nie, maar vroue dink mos anders. En alhoewel die hoofkarakter 'n sersant in die polisie is, is die boek regtig waar nie op my gebaseer nie," vertel sy.
Barry sê die boek is aanvanklik deur twee uitgewers goedgekeur, maar sy het besluit om die uitgewing plaaslik te hou en van Malherbe-uitgewers gebruik te maak.
Lees meer in môre se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'