OUDTSHOORN NUUS - Die polisie in Oudsthoorn vra die hulp van die gemeenskap in die opsporing van 'n jong man wat 'n slagoffer in 'n huisbrand was.
Volgens Amanda Pietersen, eenheidsbevelvoerder van die eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en sekuelemisdrywe, het die brand op 24 Augustus in Black Joint, Bongolethu plaasgevind.
"Die ma, wat ook die verdagte is, het teenoor die polisie erken dat sy die huis aan die brand gesteek het terwyl haar 21-jarige seun, Jean Mcbean, in die huis was. Volgens haar is haar seun 'n dwelmverslaafde en maak hy haar lewe moeilik."
'n Klag van poging tot moord en brandstigting word teen die ma ondersoek.
Pietersen sê dat Mcbeans sedert die insident verdwyn het en is die polisie opsoek na hom sodat die ondersoekbeampte 'n verklaring van hom kan bekom.
Enigiemand met inligting oor waar Mcbean homself bevind kan ao. Micheal de Kock by 044 203 7518 of 081 253 3554 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'