OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie, saam met verskeie ander departemente, het verlede Vrydag die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders-veldtog begin met 'n padblokkade buite die dorp.
Sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie sê, brigadier Levona Januari, die stasiebevelvoerder, het die padblokkade bygewoon en deelnemers het pamflette uitgedeel vir die bewusmaking van gesinsgeweld en geweld teen vrouens en kinders.
"Gedurende hierdie tydperk van die veldtog word verskeie projekte gehou waar geweld teen vrouens en kinders aangespreek word.
Op 30 November gaan van polisielede deelneem aan die "World Aids day: colour run and walk" wat deur die Suid-Afrikaanse Weermag aangebied word. Op 5 Desember het ons 'n ope dag waar die traumakamers by die polisiestasies besoek kan word."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'