OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Oudtshoorn-polisie, kindersorg en onafhanklike verkiesingskomitee het vir Mandeladag skenkings aan inwoners van Buffelsdrift, Welgeluk, Suikerbult en Seekoegat uitgedeel.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het ao. Jacinda April die Jars of Hope-projek gedryf en kon hulle 180 flesse en 780 brode uitdeel.
"Ons het ook met die inwoners oor veiligheid gesels en met die ouers oor hul pligte teenoor hul kinders gepraat. Elkeen het ook 'n koppie warm sop ontvang. Ons wil ook aan almal wat tot die projek bygedra het baie dankie sê," het sy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'