OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n man van Bridgton wat glo brandstof op 'n man gegooi en hom aan die brand wou steek, is Maandag in die Oudtshoorn-streekhof na die getuienis van die beskuldigde en die slotargumente van die staat en die verdediging vir uitspraak uitgestel.
Justin Lewis het glo op 15 September 2019 in Dikkoplaan, Bridgton, brandstof op Edward Sheron gegooi omdat sy vriendin by hom geskuil het. Lewis staan tereg op aanklag van poging tot moord.
Lewis pleit onskuldig en voer aan dat hy Sheron net wou skrikmaak toe hy 'n klein bietjie brandstof in sy rigting gegooi het. Dit was glo nadat Sheron gedreig het om hom dood te skiet.
Sheron het egter getuig dat dit 2 liter brandstof was en dat Lewis probeer het om 'n vuurhoutjie aan te steek toe die vrou hom met 'n koppie teen sy kop gegooi het. Volgens hom was die dreigement om hom te skiet net om Lewis bang te maak omdat hy lankal nie meer ‘n vuurwapen in sy besit het nie.
Lees meer in môre se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'