So het Ashely Wilskit Woensdagmiddag op die ongelukstoneel gesê nadat sy Polo Vivo verskeie kere gerol het.
Die ongeluk het ongeveer 16:30 op die N12 tussen Oudtshoorn en George plaasgevind.
Volgens Wilskit was hy op pad George toe nadat hy by sy ouers op Oudtshoorn was en dit het plek-plek hard gereën."Daar was 'n plas water in die pad en toe ek dit tref het dit die kar eenkant toe geruk na die anderkant van die pad toe en ek kon nie op die teer bly nie."
Hy verduidelik dat die motor op die grond aan die oorkant van die pad beland het waar dit in die rondte geswaai het en agteruit in die veld in is. Die motor se agterkant het vasgesteek waarna die motor gerol het en weer op sy wiele te lande gekom het.
"Ek weet nie hoeveel keer ek gerol het nie, maar dit was meer as een keer en as ek nie vasgemaak was nie sou ek baie seergekry het of nog erger," het 'n ongeskonde Wilskit langs die motorwrak gesê terwyl hy gewag het vir 'n insleepdiens.
Hy het ook genoem dat dit 'n bestiering is dat daar op die besige pad nie op daardie oomblik 'n voertuig van voor gekom het nie.
Die ongelukstoneel.
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'