OUDTSHOORN NUUS - Kategoriewenners van vanjaar se Prestige Landbouwerker van die Jaar-kompetisie het Maandag vertrek na Kromme Rhee vir die finale uitdunrondte van die kompetisie.
Die kompetisie, wat deur Shoprite en Wes-Kaap Departement Landbou geborg word, is vanjaar vir die 16de keer deur Departement van Landbou se afdeling Landelike Ontwikkeling aangebied.
‘n Paneel van beoordelaars doen Dinsdag met elkeen ‘n onderhoud om te bepaal wie van hulle in November as Wes-Kaapse wenners aangewys sal word.
Hulle is voor van links Letitia Booysen, Isak Basson, Chester de Laan, Dawid van Rooi, Elledine Visagie, Helen Butler van Agri Klein Karoo se kantoor wat die kompetisie hier gekoordineer het. Agter van links Jetro van Rooyen, Gert Stuurman, Michael Arends, Anver Britz, Andrew Jafta, Isak Damons en Joey Potgieter, voorsitter van Agri Klein Karoo.
Die plaaswerkers wat gaan deelneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'