“Dié tak is vir die vyfde agtereenvolgende jaar aangewys as die Klub van die Jaar. Dit is ‘n besondere prestasie aangesien dit die enigste klub is wat dit nog ooit reggekry het,” het Els in sy jaarverslag gesê. Hy skryf die klub se sukses toe aan die aktiewe deelname van lede.
Die klub het altesaam nege byeenkomste gehou, waarvan die hoogtepunt die tweede bi-anale vergadering van Skål Internasionaal Suid-Afrika was. Die kongres is in die Beacon Isle hotel op Plettenbergbaai aangebied.
Skål se doelwit is om toerisme-instansies geleentheid te gee om te netwerk. “Ek bemark my besigheid onder ons eie lede, maar ook nasionaal en internasionaal,” het Pam Snyman van Sedgefield na afloop van die jaarvergadering gesê.
“Ons soek altyd nuwe lede,” sê Els. “Hoe meer lede daar is hoe sterker is die netwerk en hoe meer kan ons mekaar help om ten spyte van Suid-Afrika se swak geldeenheid en die visum-krisis die bedryf laat groei.”
Rolspelers in die toerismebedryf is welkom om Niel Els by 083 604 0887 of 044 279 3268 (kantoorure), of md@turnberryhotel.co.za te kontak.