OUDTSHOORN NUUSFLITS - Kansa is landswyd besig om strukture, bome en ander items met pienk lap toe te draai.
As deel van Kansa se borskanker bewusmakingsveldtog word die Pink Trees for Pauline-projek jaarliks gedurende Oktober as 'n fondsinsamelingsprojek vir dié kanker gedryf.
Kansa Oudtshoorn is deel van meer as 100 dorpe en stede wat hul tot die Pink Trees for Pauline-projek, waar pienk materiaal teen R25 per meter gekoop kan word.
Die materiaal kan dan om bome, pilare en strukture gebind word, om jou ondersteuning aan die bewusmakingsveldtog te bewys.
Die doel van die bewusmaking is om geld in te samel om die lewens van borskankerpasiente en hul families effektief te ondersteun.
Die pienk lap is by die kansa kantoor in Hoogstraat 162, Oudtshoorn, te koop.
Kansa Oudtshoorn kan ook geskakel word by 044 272 2724, vir bestellings.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'