DE RUST NUUS - Inwoners van Hazenjacht tussen Oudtshoorn en De Rust het besluit om die brug wat die weg na die Hazenjacht-area baan ten bate van kanker helder pienk te verf.
Volgens Len Bornman, eienaar van Thabile Lodge wat in daardie omgewing geleë is, het hy en sy bure besluit om die brug te verf.
"Dit is al vir 'n geruime tyd 'n seeroog omdat dit jare gelede geverf is. Ons het toe besluit om dit 'n helder pienk te verf omdat dit verlede maand borskankermaand was en mense dit nie sal kan mis nie."
Volgens Bornman raak kanker almal en is dit hulle manier om hul ondersteuning aan diegene wat iemand weens kanker verloor het of wat besig is om die stryd te baklei te wys.
"Ons wil hê as mense daar verbyry moet hulle dink aan elke kankerlyer en die stryd waarmee hulle besig is."
Inwoners van Hazenjacht besig om die brug te verf.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'