Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Slegs persone met permitte om noodsaaklike diens te verrig mag tussen dorpe reis.
Lesers word daarop gewys dat permitte nie deur die polisie uitgereik word nie.
Werkgewers van noodsaaklike ondernemings voorsien hulle werkers van die voorgeskrewe permitte.
Terwyl die Oudtshoorn Courant vroeër by die polisiestasie was het verskeie mense opgedaag wat permitte wou laat "sertifiseer". Dit is egter nie deel van die polisie se pligte ten opsigte van die inperkingstyd nie.
Dit was vanoggend ook duidelik dat 'n groot deel van die gemeenskap in sommige woonbuurte vrylik rondbeweeg en klaarblyklik min ag op die inperkingsreëls slaan.
Kyk 'n video hieronder:
Werkgewers van noodsaaklike ondernemings voorsien hulle werkers van die voorgeskrewe permitte.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'