OUDTSHOORN NUUS - Die QuadPara Association of the Western Cape (QAWC) het vandeesweek 'n plaaslike parapleeg Henry Matroos, se hart verbly toe dié organisasie in samewerking met die Association for Persons with Disabilities (APD) 'n ten volle toegeruste rekenaar ter waarde van R6 000 aan hom geskenk het.
Matroos, wat op 'n daaglikse basis gebruik maak van die dienste wat APD aanbied, het 'n ruk gelede 'n versoek by APD ingedien dat hy smag daarna om 'n rekenaar van sy eie te besit.
Die twee organisasies het toe kragte saamgesnoer om Matroos se droom 'n werklikheid te maak. Die oorhandiging het by die Thusong-sentrum in Bongolethu plaasgevind met 20 ander persone met gestremdhede.
Die groep is ook na die tyd met 'n heerlike bederf. QAWC en APD is tans besig met 'n Gordel vas-veldtog by vulstasies (Total en Naguil) wat die publiek aanmoedig om te alle tye hul sitplekgordels vas te maak om hulle te beskerm teen ernstige beserings wat hulle dalk in rolstoele kan laat opeindig.
"We don't want new members" is die veldtog se slagspreuk.
Die veldtog het Woensdag begin en eindig vandag (Vrydag).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'