OUDTSHOORN NUUS - Twee van Oudtshoorn se paramedici, Cindy Meiring en Raymondo Nel, het op Kersdag inwoners van Coronation Memorial tehuis vir bejaardes en Helen Bellighanhof met 'n spesiale Kersfeesverrassing bederf.
Meiring sê bejaardes lê haar baie na aan die hart en as lid van die paramedici werk sy gereeld met hulle.
"So baie van die inwoners wat daar woon het nie familie nie, of die familie kom kuier net nie. Hulle elkeen het dit so waardeer dat ander mense vir tyd gemaak het vir hulle," het sy gesê.
Meiring sê Camp Roadhouse en Coast to Coast Plumbing and Electrical van Johannesburg het die geskenkpakkies geborg.
"Ons het 85 pakkies opgemaak met ondermeer koekies, waslappe, skyfies, lekkergoed en sepies. Ons het ook vir hulle waatlemoen gesny wat hulle vreeslik baie geniet het."
'n Inwoner van een van die te huise met sy geskenkpakkie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'