OUDTSHOORN NUUS - Die Pad Ongelukke Fonds (PAF) het verlede Vrydag babastoeltjies vir motors aan 20 jong moeders by die Oudtshoorn-hospitaal oorhandig.
Dit was deel van die fonds se landwye bewusmakingsveldtog ten opsigte van die veilige vervoer van kleuters.
Volgens Ernest Nkuna, woordvoerder van die PAF, is dit sedert 2015 verpligtend dat kleuters in 'n babastoeltjie vervoer moet word.
"Die bestuurder van 'n motorvoertuig moet seker maak dat babas onder drie jaar in 'n babastoeltjie vasgegordel is om 'n boete vry te spring," het Nkuna Vrydag tydens die oorhandiging van die stoeltjies gesê.
Die wet het volgens Nkuna in 2015 in werking getree en gebasseer hierop het die PAF die inisiatief geneem om deur middel van 'n landwye veldtog die publiek bewus te maak van die belangrikheid en veiligheid om babas in 'n babastoeltjies te vervoer.
Volgens Nkuna het die padongelukkefonds sedertdien landwyd meer as 2 000 van die stoeltjies by hospitale en padblokkades versprei.
Suster Helen Human het die PAF namens die moeders en die Oudtshoorn-hospitaal bedank.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'