OUDTSHOORN NUUS - Motoriste word daarop gewys dat padwerke op die N12 tussen Oudtshoorn en De Rust hierdie week in die omgewing van die gholfbaan en begraafplaas plaasvind.
Dit beteken dat verkeersvloei nie net na De Rust ontwrig word nie, maar ook na Bridgton, Toekomsrus en ander nabygeleë areas. Die padwerke vind plaas tussen Springbokweg (naby Aurial Kollege) tot by die indraai oorkant die begraafplaas. As gevolg hiervan word 'n opeenhoping van verkeer by hierdie twee aansluitings met die N12 verwag.
Volgens Patrick Jordaan, hoof van die munisipale verkeer, sal daar stop-en-ry beheerpunte in Voortrekkerweg wees en sal wetstoepassers en verkeersbeamptes daar wees om die verkeer te reguleer.
Motoriste word aangeraai om Jacobsonstraat (verby Timbercity) en Langenhovenweg na Dassieweg gebruik. Die verkeersdepartement vra dat motoriste geduldig sal wees vir die duur van die padwerke.
Daar word verwag dat die padwerke in dié area ongeveer twee maande sal duur.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'