OUDTSHOORN NUUS - Padwerke aan die R62 tussen Oudtshoorn en Calitzdorp het amptelik begin.
Volgens Byron la Hoe, woordvoerder van die departement vervoer en publieke werke, beloop die projek R42 miljoen en behoort dit in Mei 2019 klaar te wees.
"Die deel van die R62 is in 2004 laas opgeknap. Slaggate, krake in die pad en die reëlings langs die pad gaan ook reggemaak word. Dele van die pad sal oorgeteer word en padtekenborde gaan vervang word. Dit sal beteken dat daar op sekere plekke stop-en-ry-punte langs die pad sal wees en motoriste kan tot 15 minute by die punte wag," het La Hoe die week in 'n verklaring gesê.
Volgens La Hoe sal die departement ongeveer R10 miljoen aan dienste en goedere spandeer om die pad te herstel en skep hulle ook werksgeleenthede vir inwoners van Oudtshoorn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'