LADISMITH NUUS - Verskeie staatsdepartemente waaronder die polisie, departement van korrektiewe dienste, departement van maatskaplike dienste, nie-regerings organisasies soos Badisa en kindersorg, Eden-brandweer en die Kannaland-munisipaliteit het op 8 Maart 'n bewusmakingsveldtog ten opsigte van padveiligheid vir die komende Paasnaweek gehad.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, was die padblokkade onder leiding van lt.kol. Jakobus Marthinus in Suidstraat, Ladismith, gehou.
"Daar is 'n totaal van 139 voertuie gestop. Verskeie boetes van ongeveer R6 000 is ook uitgereik.
"Die koördineerder van die inisiatief, Johan Muller van korrektiewe dienste, het sy tevredenheid uitgespreek en elke rolspeler bedank vir deelname aan die projek."
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'