DE RUST NUUS - Die boodskap van Jesus se kruisiging is die afgelope Paasnaweek, by Blomnek in De Rust, deur 15 kinders van die nasorg, Big Step, gevier.
Christina Blaauw, stigter van die nasorg vertel dat hulle deur die strate van Blomnek, Riemvasmaak en Asla gestap het om die boodskap, dat Jesus die Verlosser en Saligmaker is, oor te dra.
"Ek glo dat ons met die staptog, 'n verandering in die kinders se lewe kon bring," vertel sy.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’